top of page
  • Facebook
  • Instagram
55TulbaghJ&T-Bynicestudios-158_edited.jpg

Welkom

by Grimering deur Elria. Ek is Internasionaal geakkrediteer deur Kohl Makeup Academy.
Ek spesialiseer in sagter grimering vir die natuurlike bruid.

GdE2-002.jpg

My filosofie

Ek glo dat elke bruid se natuurlike skoonheid beklemtoon moet word. My benadering is eenvoudig: jy moet op jou troudag lyk en voel soos jouself – net met sagte, tydlose grimering wat jou eie styl en persoonlikheid reflekteer.

​

Ek spesialiseer in natuurlike, klassieke en elegante bruidsgrimering en -hare, wat die fokus plaas op vars, stralende velle, sagte oë en ’n styl wat selfs jare later nog mooi en relevant sal wees. Elke voorkoms word met sorg en aandag beplan, sodat jy met selfvertroue kan uitstap en die spesiale oomblikke ten volle kan geniet.

​

Ek besef hoe belangrik hierdie dag vir jou is – daarom skep ek ’n kalm, professionele atmosfeer waar jy kan ontspan en weet jy is in goeie hande. Jou droomvoorkoms begin hier, en ek sien uit daarna om deel te wees van jou unieke liefdesverhaal.

Wat sê kliënte?

Caro

Dit was 'n baie goeie ervaring! Ek was baie tevrede met my grimering en sal enige dag weer by Elria my grimering laat doen. Sy is profesioneel en vriendelik.

 

Ma Amanda & Bruid Chandré

Baie dankie Elria dat jy Chandré se dag super spesiaal gemaak het. Jou harde werk met al ons dames se grimering, absoluut pragtig. Ons waardeer jou opreg, en ons beveel jou aan vir enige dame wat jou hulp benodig. Ons waardeer jou kalmte en alles was net pragtig. Baie liefde

Bruid Christelle

Baie dankie vir al jou moeite! Jy was van dag een af op dit gewees en daar was duidelike kommunikasie en die “timeline” het op die dag van die troue baie lekker gewerk vir almal. Baie dankie dat jy ons so mooi laat voel en laat lyk het! Waardeer dit vreeslik baie!

Kopiereg © 2025 | Grimering deur Elria | Alle Regte Voorbehou

bottom of page